Vuurvliegie Akademie – Beaufort wes

Waar Kreatiwiteit en Onderrig Ontmoet

Ontdek ‘n wêreld waar leer ‘n avontuur in kreatiwiteit en innovasie is

Kindgesentreerd

Elke kind se individuele behoeftes is belangrik, daarom fokus ons ook op elkeen se emosionele, kognitiewe en sosiale vaardighede.

Waarde gedrewe onderrig

Ons Christelike waardes is die grondslag van ons onderrig. Ons is gegrond in Hom.

Kreatiewe onderrig

Ons dink uit die boks uit!

Meer oor vuurvliegie akademie

Kwaliteit sorg en opvoeding vir jou kind

Ons bied hoë kwaliteit onderrig, met ‘n kreatiewe aanslag aan. Ons kinders word individueel benader. Dit is vir ons belangrik om elkeen se interne begeerte om te leer aan te wakker, sodat hulle in `n onseker toekoms sal floreer.

Kontak ons

Die skool wat ‘n langdurige positiewe herinnering aan elke kind bied. Skool was nog nooit so lekker en sinvol nie!

AKADEMIE

Alhoewel ons kurrikulum op KABV (Caps) gebasseer is, dink ons vernuwend daaroor!

Al ons taalvakke, Afrikaans en Engels, word as Eerste Taal aangebied.

Ons glo Wiskunde gee jou ‘n toekoms, daarom begin ons al van kleintyd af om probleemoplossingsvaardighede te kweek!

Ons glo ook daaraan dat leerders verantwoordelikheid geleer moet word, daarom het ons ‘n kwartaallikse huiswerkboekie. Jou kind weet wat van hom/haar verwag word.

Ons skryf net toetse, geen eksamens nie. Dit is vir ons belangrik dat leerders nie ‘n vrees vir leer moet hê nie.

Om optimaal individuele aandag te bied, is ons klasse nie groter as 15 leerders per klas nie.

SPORT

Ons bied verskeie spansporte deur ons klub, Klub Kaleo aan. Ons glo dat ons leerders die regte vaardighede moet aanleer, daarom kry hulle afrigting by professionele afrigters wat by hulle skoolfooie ingesluit is. Sportsoorte is rugby, netbal, krieket, tennis en hokkie.

KULTUUR

Ons leerders se kuns is uit die boonste rakke en hulle stap elke jaar met hope toekennings by die Eisteddfod weg. Ons leerders blink ook uit in voordrag en musiek!

TERAPIE

Deel van ons skoolfooie is dat ons ‘n spraakterapeut op ons skool se terrein het. Sy gee leiding en terapie gedurende skoolure. Hierdie ondersteuning bied ‘n holistiese benadering, sodat ons elke leerder optimaal kan ondersteun!

LOSIESHUIS

Ons het ‘n huis wat omskep is in ‘n losieshuis. Hierdie
is ‘n veilige, vreugdevolle blyplek vir ons Vuurvliegies!

Ouer terugvoer

Lees wat ons ouers sê

Ons is verstom oor die aandag wat elke kind by Vuurvliegie Akademie kry. My seun het soveel verbeter in sy wiskundevaardighede en selfvertroue. Dit is regtig ‘n plek waar kinders kan groei en floreer.

Annelise B.

As ‘n ouer voel ek so deel van ‘n gemeenskap by Vuurvliegie. Die Voorskoot-Ouer program het my nie net nader aan my kind se onderwys gebring nie, maar ook aan ander ouers en onderwysers. Dit is ‘n wonderlike inisiatief!

Pieter J.

Ek is so dankbaar vir die spraakterapeut by Vuurvliegie Akademie. My kind het merkwaardig verbeter in haar kommunikasievaardighede, en dit het ‘n groot impak op haar algehele selfvertroue gehad.

Johan M.

Die sportprogram by hierdie skool is uitstekend. My seun het soveel geleer van die professionele afrigters, en sy liefde vir tennis het regtig vlam gevat. Dankie Vuurvliegie vir die wonderlike geleenthede!”

Charlize T.

Algemene vrae

Ons bied hoë kwaliteit onderrig met ‘n kreatiewe aanslag en ‘n sterk fokus op die individuele benadering van elke leerder om hul leerbegeerte te ontwikkel.

Ons kurrikulum is CAPS-gebaseer, met ‘n innoverende benadering. Afrikaans en Engels word as eerste tale aangebied, en daar is ‘n sterk fokus op Wiskunde en probleemoplossing vanaf ‘n jong ouderdom.

Ons het ‘n spraakterapeut beskikbaar op die skoolterrein, wat tydens skoolure leiding en terapie verskaf vir ‘n holistiese benadering tot elke kind se ontwikkeling.

Ons klasse is beperk tot nie meer as 15 leerders per klas nie, om optimale individuele aandag te verseker.

Ons bied verskeie sporte aan, insluitend Rugby, Netbal, Tennis en Hokkie, met professionele afrigting ingesluit in die skoolfooie.

Ja, die kinders het “piekniek” elke middag nadat hulle gerus het en dit word deur die ouers verskaf.

Ons sal die ouers kontak indien dit nodig blyk te wees.

Ons hou by ʼn vaste roetine met duidelike riglyne.

Ons pas beheerde toegang tot die crèche toe.

Ons is volledig tweetalig – Afrikaans en Engels.

Vennote en akkreditasie

Stuur vir ons ‘n boodskap

Kontakvorm (#3)