Vuurvliegie Akademie - Beaufort wes

Ander MOS Skole

Die MOS Inisiatief

Vuurvliegie Akademie: ‘n trotse lid van Die MOS Inisiatief se netwerk van skole.

By Die MOS Inisiatief streef ons daarna om uitsonderlike opvoedkundige geleenthede te bied wat elke kind se volle potensiaal ontsluit. Ons is toegewyd aan die bevordering van ‘n liefde vir leer deur ‘n veilige, ondersteunende en stimulerende omgewing te skep.

Ons skole, insluitend Vuurvliegie Akademie, deel ‘n gesamentlike visie van akademiese uitnemendheid, karakterontwikkeling en gemeenskapsbetrokkenheid.

Sluit aan by ons in hierdie opwindende reis en ontdek hoe ons elke leerder toerus om sukses te behaal.

Nog skole in Die MOS Inisiatief netwerk

Emmanuel Kindersentrum

Kenmarstraat 517, Constantiapark, Pretoria, 0181

https://emmanuelkindersentrum.co.za/

By Emmanuel Kindersentrum is ons nie net ‘n dagsorg of ‘n naskool nie; ons is ‘n gemeenskap waar jou kind veilig, geliefd, en aangemoedig sal voel om hul potensiaal te verken.

Knikkievallei Kleuterskool

9 Emdonstraat, Kenmare, Krugersdorp

https://www.knikkievallei.co.za/

Knikkievallei verwelkom kinders vanaf die ouderdom van vier maande tot vyf jaar (graad RR). Knikkievallei is tot die behoud van hul kultuur, met ‘n fokus op Afrikaans en Christelike waardes, verbind. Die skool strewe daarna om kinders te leer om met respek op te tree.

Kosmos Akademie

Erf 12439, 374 JS Keerom, Glen Cullen Privaat Landgoed, Middelburg, Ex 39, Mpumalanga, 1050

https://www.kosmosakademie.co.za/

Kosmos Akademie, die nuutste toevoeging tot Mpumalanga se onderwyslandskap, beloof om ‘n baken van Afrikaanse onderwys te wees. Ons skool is gebou op die grondslag van akademiese uitnemendheid en die algehele ontwikkeling van elke leerder, gereed om die toekoms met selfvertroue aan te pak.

Abra-Kedabra Crèche

58 Malibu St, Oakglen, Cape Town, 7530

https://www.abrakedabra.co.za/

Vir meer as 34 jaar bied Abra-Kedabra Crèche gehalte sorg en opvoeding vir kinders van 3 maande tot 6 jaar oud. Ons gekwalifiseerde opvoeders het jare se ondervinding en skep ‘n omgewing waar elke kind kan floreer.

Hartland Akademie

Hartland Lifestyle Estate, Hartenbos, Hartland, 6520

https://www.hartlandakademie.co.za/

Hartland Akademie is ‘n voorskool en laerskool en ons beplan om in 2026 te open met graad RRRR (2-jariges) tot graad 3 en organies te groei tot graad 7 in jare wat volg.

Die Rots

Linden

https://www.dierots.co.za/

‘n Nuwe manier van onderrig. Hier voel ‘n leerder hy/sy word gehoor vir die manier waarop hy/sy leer. Ons is sensitief vir verskillende leerstyle. Ons weet alle kinders is slim, maar net verskillend slim!

Linden Akademie

55 7th St, Linden, Randburg, 2104

https://www.lindenakademie.co.za/

In die hart van Linden klop Linden Akademie se hart al vir 15 jaar warm vir kleuters. Hier word kleuters se harte nie net gehoor nie, maar ook verstaan.

Karos Akademie

Beaufort-Wes

https://www.karosakademie.co.za/

‘n Droom om Karoo-kinders die kwaliteit onderrig te bied wat kinders in die groot stede geniet – uit die gerief en sekuriteit van hul ouerhuis.

Kleinhoewe Kleuterskool

Proteapark, Rustenburg

https://www.kleinhoewekleuterskool.co.za/

Welkom by Kleinhoewe Kleuterskool – die plaasskool in die stadsgewoel waar jou kind in vars lug deur ons leer-deur-speel-kultuur sal floreer! Goeie waardes is vir ons net so belangrik as vir ons ouers en daarom is Kleinhoewe ‘n verlenging van die ouerhuis waar elke kind met liefde, deernis en begrip versorg word.

Knikkie Knakkie

Wonderboom, Pretoria

https://www.knikkieknakkie.co.za/

Ons is lief vir en passievol oor kinders en skep `n kindgerigte omgewing van hoë kwaliteit waar kinders veilig is, geborge voel en hulself gate uit geniet.

MOS-Wêreldwyd

Aanlyn-Tuisskool

https://www.moswereldwyd.co.za/

Ons wêreldklas-onderrig help jou kind om te floreer. Die bekostigbare aanlyn-tuisskool wat jou kind vir die toekoms toerus.

Futurum Akademie

Jan Kempdorp/Vaalharts

https://www.futurumakademie.co.za/

Futurum Akademie het sy deure amptelik in Januarie 2017 oopgemaak. Grade strek van Gr.R tot Gr 12.